
WELKOM BY
Volle Evangelie Kerk Randfontein
Welkom – ons is bly jy is hier. Ons doel is om ’n warm familie-ervaring te skep vir elkeen, of jy ’n lidmaat of ’n besoeker is. Deur ons webtuiste kan jy meer leer oor wie ons is, wat ons doen en vorige boodskappe ontdek. Saam groei ons in geloof, maak ’n positiewe impak in ons gemeenskap en ondersteun mekaar op ons geestelike reis. Want saam is ons beter.
Wie is ons
Ons Pastoorspaar
Pastoor Christo De Beer en sy vrou Amanda bedien die gemeente sederd 2017.
Pastoor Christo en Amanda is daagliks betrokke met verskeie "Lifegroups" in die gemeente en in ons gemeenskap.

Ons Missie
-
Ons missie is gewortel in God se tydlose opdrag vir Sy kerk (Matt. 22:37–39; Matt. 28:18–20).
-
Elke gemeente leef hierdie opdrag op ’n unieke manier uit.
-
By Randfontein gemeente doen ons dit deur Christelike waardes, bediening en evangelisasie.
-
Ons volg God se leiding in alles wat ons doen.
-
Ons fokus daarop om die volgende generasie leiers toe te rus.
-
Ons doel is om die naam van Jesus Christus aan alle volke en nasies bekend te maak.
Ons Visie
-
Ons gemeente is ’n baken van hoop waar lewens deur Jesus Christus verander word.
-
’n Plek van redding, liefde en aanvaarding vir elkeen wat verlore, seer of moeg is.
-
Ons leef God se opdrag uit deur evangelisasie, sending en lifegroups, gegrond op die waarheid van Sy Woord en ’n liefde soos Christus s’n